Wat maak ons anders?

  • Opgeleide onderwyseresse wat die welstand en vordering van elke kleuter monitor en op die hart dra met hulp van ‘n opvoedkunge assistent in elke klas.
  • Daar is elke oggend ‘n personeellid vanaf 7 uur aan diens.
  • Die dagprogram begin 7:45 en eindig 12:30.
  • Die program wat ons volg, maak dit maklik om vroeë identifisering van ernstige uitvalle by die kleuters onder die ouers se aandag te bring en sodoende kan ons vroegtydig daaraan begin werk.
  • Die dagprogram word aangevul deur Kinderkinetika, Rekenaargeletterdheid, Mini-netbal, Mini-krieket en Rugbyvaardighede wat gratis aangebied word.
  • Geen skryfbehoeftes hoef aangekoop te word nie.
  • Ons streef daarna om elke kleuter sover moontlik skoolgereed te kry en met baie selfvertroue na Graad 1 te stuur.
  • Veilige, pragtige klaskamers propvol opvoedkundige apparaat om u kleuter motories optimaal te ontwikkel.
  • Veilige, omheinde goed toegeruste speelgrond met deurlopende toesig.
  • ‘n Jaarprogram vol aktiwiteite, opvoedkundige instappies en verrassings – enige kleuter se droom.
  • Ons bied ook geleentheid vir ‘n Ken-Mekaar funksie, Knikkie Sportdae, Ouma en Oupadag, Entrepreneursdag, Moedersdagbederf,Gradeplegtigheid ens