Knikkies

Knikkies Nuus

Knikkies Hoededag

hoededag

Knikkie maak harte oop vir Pippie

boom1
Knikkies se fondsinsameling vir Pippie.

boom2
Die kleuters bring ‘n “blaargeldjie” om die Pippie boom vol te kry.

Dankiebrief – Pippie

Ons “Pippie Towerboom” is nou oortrek van groen, bruin, pienk en pers blare. Dis mos
hoe ‘n lenteboom in Knikkieland moet lyk! ‘n Boom wat straal van Jesus se liefde en
vrygewige harte.

Sjoe, ons harte loop oor van dankbaarheid! Julle het ons gehelp om vir Pippie ‘n bedrag
van R12 570 in te samel! Dit het ons grootste verwagtinge oortref! Ons wil vir elke ouer en
kleuter BAIE dankie sê vir elkeen se groot of klein bydrae om hierdie projek so suksesvol te
maak. Ons weet dat hierdie geskenk ‘n groot verskil in Pippie se lewe sal maak en ook die
finansiële druk op haar ouers sal verlig.

Baie dankie aan ons borge wat dit vir ons moontlik gemaak het om die pryse aan te koop.
Die gelukkige wenners van ons 2 “Swing Scooters” is Anomĕ Meyer (Skapie klas) en
Nicolis Smut (Beertjie klas). Baie geluk ons hoop julle gaan lekker ry. Die Towerboom
het wel vir al die ander Knikkies ook ‘n verrassing gebring om dankie te sê…..hulle almal
het ‘n lekker sjokolade roomys gekry en heerlik daaraan gesmul!

Nogmaals dankie aan almal, ons waardeer die liefdevolle gebaar opreg!