Skoollied

LAERSKOOL KENMARE SKOOLLIED

 WAAR DIE ALWYN UIT DIE ROTSRIF GROEI;                                                                     

MET TROTS DIE ROOI GOUD BLOMME BLOEI;

SO GROEI UIT KENMARE BODEM;

‘N SKOOL MET DIE LEUSE DURF EN DAAD.

 *****

ONS WERK STANDVASTIG DOELGERIG;

STAAN ROTSVAS STERK EN SAL NOOIT SWIG;

VERTROUE EN MOED STEL ONS IN STAAT

OM TE GLO IN ONS LEUSE DURF EN DAAD.

 *****

DIE JEUG VAN KENMARE KEN GEEN ANDER TAAL,

AS OM TE STREEF SUKSES TE BEHAAL,

HUL WERK MET YWER DAG NA DAG

OM TE KLIM NA DIE KRUIN WAAR DIE TOEKOMS WAG.

 *****

ONS FONDAMENT OP VASTE GROND,

ONS LOOF ONS VADER UIT EEN MOND,

AS TEENSLAE KOM SAL ONS DIT TROTSEER

MET DURF EN DAAD KAN NIKS ONS KEER!