Wie is ons ?

Uit die hoof se pen

Die hartklop van ‘n skool bepaal die geluk van sy kinders.
Ons skooltemas van die afgelope nege jaar verwoord die hartklop van ons pragtige skool.

2005 – Rots Trots
2006 – Droom groot, dink groot, doen groot!
2007 – Bring die Koning terug!
2008 – Vat Vlam
2009 – Pure passie!
2010 – ‘Magic’
2011 – Verkoop jou voorbeeld
2012 – Groen vandag want môre wag!
2013 – Groei met ‘n Glimlag
2014 – Feestelik 40!

2015 – Kennies Tref Die Teiken

2016 – Kennies Tref Die Teiken en Los ‘n Spoor

Geloof, glimlagte, opgewondenheid, pret en plesier asook ‘n hoopvolle toekoms moet deel van ‘n kindvriendelike skool wees. Voeg hierby personeel met ‘n hartklop vir kinders en ondersteunende ouers en jy kan nie anders nie as om suksesvol te wees in die opvoeding en onderrig van ons kinders.

Die lewenspad is vir ons en ons kinders vol uitdagings. Omdat ons egter in Sy Lig dié Lig sien, glo ons onvoorwaardelik dat ons ‘n positiewe impak op u en u kind kan hê. Ons nooi u uit om saam met ons in 2012 die Kenmarepad te volg. Mag die woorde “met passie” u en u kind inspireer om saam met ons, in geloof en met waagmoed die pad te loop wat ons Hemelse Vader, reeds lank voor die grondlegging van die aarde vir ons beplan het.

Mag die uitbundige skaterlag van kinders steeds voortgaan om in die gange van Laerskool Kenmare te weerklink.