Verryking Program

Die program is ontwikkel deur kundiges om die LEEMTE vir akademiese uitdagings vir ons TOPPRESTEERDERS IN AKADEMIE in skole aan te spreek.

In samewerking met naby geleë universiteite doen leerders na skool ‘n program waar leerareas soos plantkunde, dierkunde, argeologie, tegnologie en ander leerareas op ‘n baie gevorderde akademiese vlak aangebied word.

Die studies behels disseksies in organe (hart, longe, oë, brein, niere en lewer en andere).  Verder dissekteer die leerders ook visse, hoenders, insekte, doen mikroskoopwerk, bou modelle, doen heelwat uitstappies, toere en instappies, asook ‘n kursus in oorlewing en noodhulp.

Een van ons onlangse uitstappies was om ‘n fossielstudie in Rosendal saam met die argeoloog Dr. Yates van Wits Universiteit, aan te pak.

Hierdie program is uniek en word slegs in een skool in Johannesburg aangebied.  Uitdagings vir ons leerders wat uitblink in akademie EN TANS VERRYKING GENOEM WORD in skole, behels hoofsaaklik uit ekstra wiskunde- of taal-oefeninge.

Hierdie program het die skool, waar dit tans aangebied word, so positief beïnvloed dat dit talle leerders uit ander skole lok na die skool.

Kyk ‘n bietjie wat gebeur in verryking!

Studies van geologie

Chemieklas

Verken die ruimte

Leer meer van tegnologie

Leer oor argeologie

Doen studies oor plante

Argeoloog besoek skool

Skaap kopbraai –
Oom Leon kom vertel sy gunsteling Bosveldstories

Spinnekop en Slang kenner besoek skool

Instappie na Botaniese Tuine –
Praatjie oor paddas deur Ere Veldwagter Ella Jansen van Vuuren

Besoek n goud myn

Stap op die spore van die Boere Oorlog

Besoek n skaapplaas

 

 

Clarens

Willem Prinsloo Uitstappie

Magaliesburg Canopy Tours – Uitstappie