Wacky Wednesdays

Hierdie spesiale dae word elke Woensdagmiddag vanaf 14h00 tot 15h00 gehou en is tye wanneer onderwysers vir beide kinders en ouers beskikbaar is.

Ons hoofdoel is om op hierdie middae tyd te skep vir heronderrig en kinders sal soms gevra word om ‘n les by te woon indien die onderwyser voel dat dit nodig is. Kinders kan ook self kom vra oor werk wat hulle nie verstaan nie.

Indien ‘n onderwyser ‘n Departementele vergadering bywoon sal hy/sy nie beskikbaar wees nie, maar u kan gerus skakel en ‘n afspraak reël.