Kintas

Gr. 1 Boomplantdag (27 Januarie)

Op hul eerste skooldag het die graad 1 maats gehoor dat hulle is nou hier by Kenmare geplant is om te groei en te ontwikkel.
12
Gelukkig is Juf. Marietjie en mnr. Kallie daar om te help!

9
Wat ‘n lekkerte toe elke maat ‘n aalwynplantjie (wat ook op ons skoolwapen pronk) kry wat tuisversorg moet word om te groei.

8
Oom Phil Jooste het ons maats later in die eerste week baie mooi gewys hoe om ‘n boom geplant moet word om seker te maak dat dit stewig en gesond is. Groot was die opgewondenheid toe elke klas ‘n Berke boom kry om te plant en te versorg!

7

Ons graad 1’s werk en woeker beslis met hierdie jaar se tema: 2012 – Groen vandag want môre wag!

Grondslagfase atletiek

‘n Eerste in ons pragtige skool se geskiedenis!

1
Die grondslagfase hou ons eie Huissport!

2
Almal wat daar was weet…dit was ‘n heerlike saamlag, saamkuier en saamwerk-dag. Die graad 1 maats het vir die eerste keer, in die kleure van hul klasse, trots verby ‘n gillende, jillende pawiljoen gehardloop, te lekker vir woorde.

3

Daarna natuurlik die GROOT bederf- springkastele en iets koud vir die keel.  Waarvoor kan ‘n “Grootskool” kind meer vra? Vergeet verseker ook nie van ons Graad 2 en 3 maats nie!

5

Al meer tuis, maar nog net so opgewonde oor die skool en die lewe, het hierdie maats ook ALLES voor die pawiljoen verby gegee!

6

EN…soos altyd by die skool wag daar by die wenpaal ‘n verassing:Elke deelnemer ontvang ‘n lapelwapen waarmee ons wil sê:

DANKIE vir jou deelname! 

JY is Laerskool Kenmare se trots!!